Zuma wys anti-blanke kleure

ZumaDie ANC-staatshoof, Jacob Zuma, het sy anti-blanke sentiment baie duidelik getoon by die ANC Jeugliga se konferensie in Durban.

Zuma het daar gesê dat hy nie vrywillig sal bedank nie want dit sal daarop neerkom dat hy “oorgee aan die wit monopolie”.

Hy het dieselfde “wit monopoliste” daarvan beskuldig dat hulle hom onder druk gesit het om Des van Rooyen af te dank nadat hy dié aangestel het as minister van finansies. Die wat geld het kan mense koop, en hy het gesê dat daar by volgende jaar se beleidskonferensie ernstig gekyk sal word na verdere ekonomiese transformasie, wat volgens waarnemers ‘n kwalik bedekte dreigement is dat hy daar gaan poog om blankes verder te verarm.