Zille die “hoof-rassis”

helen-zille-dansTen spyte van soentjies, drukkies en toi-toi danse saam met haar aanhangers, het voormalige DA-leier, Helen Zille, nou ook die slagoffer geword van die tendens dat blankes nie meer dinge by die naam mag noem nie. Sy word nou uitgekryt as die hoof rassis.

Dit volg na Zille se twiet waarin sy vra hoekom dit aanvaarbaar is om ‘n persoon volgens ras te klassifiseer in sy werk, maar jy mag hom sy ras identifiseer by ‘n restaurant nie.

Die twiet is intussen verwyder na die ANC in die Wes-Kaap ‘n bohaai opgeskop het oor haar aanmerking.  Dit is nog nie seker of daar binne die DA enige stappe teen haar kan volg nie, aangesien Zille se opvolger as leier van die DA, Mmusi Maimane, baie sensitief is teenoor enigiets wat net soos rassisme kan lyk.