Wye kritiek teen Merkel

z-434Benewens die kritiek wat kanselier Angela Merkel moet verduur van binne haar eie party oor haar immigrante beleid, kry sy ook al meer kritiek uit talle oorde.

Die kritiek en ontevredenheid van haar belangrikste vennoot, die Christen Sosiale Unie van Bavaria, het reeds die vermoede laat ontstaan dat Merkel se heerskappy in gedrang is.

Die regering van Slowakye is ook hoogs ontevrede met die Duitse asielbeleid, veral omdat die land tans die voorsitterskap van die Europese Unie het, en gevolglik medeverantwoordelik voel vir die terreurdaad in Berlyn.

Dit is die mening van die Slowaakse premier, Robert Fico, wat in ’n gesamentlike verklaring met sy Minister van Buitelandse Sake, Robert Kalinak, ook bygevoeg het dat Duitsland moet weet dat sulke aanslae begin het met die toelating van vreemdelinge.

Die premier het tydens ’n perskonferensie in Bratislava gesê Duitsland gaan te ligtelik om met immigrante wat as asielsoekers die land bewoon, want sedert die vlugtelingekrisis het al meer terreuraanvalle plaasgevind.

Intussen het die leier van die Alternatief vir Duitsland ook skerp gereageer en Merkel persoonlik verantwoordelik gehou vir die tragiese gebeurtenis.

Foto – Robert Fico