Wilders skotvry in Hooggeregshof saak

z-122Die regse parlementariër in Nederland, mnr. Geert Wilders, het skotvry daarvan afgekom in die saak wat teen hom gedien het in die land se Hooggeregshof.

In ’n beveiligde hoflokaal is Wilders veroordeel na aanleiding van sy Marokko uitspraak van vroeër. Hy het bloot die vraag gestel of daar nie dalk te veel Marokkane in Nederland is nie.

Die hof het bevind dat Geert Wilders hom skuldig gemaak het aan sogenaamde “groepsbelediging” en “aanhitsing tot diskriminasie”, wat grens aan haatspraak.

Die hof het egter volstaan met die skuldigbevinding uitspraak sonder om enige straf aan Wilders op te lê, wat volgens verskeie regslui gesien word as ’n aanduiding dat die oortreding maar ietwat “flou” is.

Geert Wilders is die leier van die regse Party Vir Vryheid (PVV)  in Nederland wat nie huiwer om sterk standpunt in te neem teen die linkse koers van die regering nie.

Wilders se regsverteenwoordiger het gesê hulle is nie tevrede met die hof se beslissing nie aangesien dit die vryheid van spraak en van mening aan bande lê.

Die regspan sal eersdaags die saak op appèl neem.

Intussen het die grootste deel van die Nederlandse bevolking hulle agter Wilders geskaar en is van mening dat hy nie skuldig is nie. Tydens ‘n kits meningsopname, het dit geblyk dat meer as 53% van die bevolking aan Wilders se kant is.

Nederland gaan vroeg in 2017 weer stembus toe vir die algemene verkiesing, en die PVV was in vroeëre meningspeilings al die voorloper, en opposisiepartye huil nou oor die publisiteit wat Wilders met die saak gekry het.

Wilders self het aangedui dat hy nou daarop fokus om die nuwe premier van die land te word, en dat hy dan gaan skoonmaak.

Foto – Geert Wilders