Wêreld Nuusflitse – 29 Desember

Wereld-Flitse-2Rusland

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het ’n ooreenkoms bereik met Turkye om ’n skietstilstand te handhaaf in Sirië sodat humanitêre hulp aan die land se inwoners verleen kan word.

 

Israel

Israel is uiters ontevrede met die optrede van Barack Obama wat glo agter die resolusie sit wat deur die Verenigde Nasies aanvaar is. Die resolusie is goedgekeur in die Veiligheidsraad en plaas ’n verbod op Israel om voort te gaan met uitbreidings in die besette gebiede, maar Israel het te kenne gegee dat hy voortgaan met sy uitbreidings ten spyte van die VN se beletsels.

 

VSA

Die Trump Tower gebou moes deursoek word om ’n vreemde pakkie wat gevind is, en moontlike gifstof kon bevat, te verwyder en die veertig verdieping gebou ook met ’n middel bespuit om enige gevare te elimineer.