Wêreld Nuusflitse – 27 Desember

Wereld-Flitse-2Italie

Die terroris en Berlynse moordenaar, Anis Amri, ’n boorling van Tunisië, wat die dood van 12 burgerlikes en 50 beseer het toe hy met ’n gekaapte vragmotor tussen die skare ingeploeg het, is Vrydag deur die Italiaanse polisie doodgeskiet in Milaan.

 

 Australië

Australië word geteister met ’n plaag van miljoene rooimiere wat oral voorkom, en niemand weet hoe dit werklik ontstaan het nie. Vrees bestaan dat die miere ook hulle intrek sal neem in Sydney aangesien hulle reeds buite die stad waargeneem is.

 

Berlyn

Inwoners van Berlyn het ’n fonds gestig ten behoewe van die vermoorde Poolse vragmotorbestuurder se familie, en is op die eerste dag reeds 175 000 euro ingesamel.

 

Italië

Sowat 130 mense moes Kersaand in snerpende koue deurbring in die kabelkarretjies toe die kabelspoor onklaar geraak het en die toeriste vir ure vasgevang was.

 

Chili

’n Reuse aardbewing wat 7,7 op die Richterskaal geregistreer het, is in Chili gemeet wat duisende mense ontwrig het.