Wêreld Nuusflitse – 23 Desember

Wereld-Flitse-2Tegnologie

Die Nokia selfoonmaatskappy het die hof genader en ’n saak oopgemaak teen die rekenaar reus Apple, wat na bewering hul patentreg op sekere produkte geskend het.

 

Sjina

Voëlgriep het oorgespoel na Sjina en duisende pluimvee word van kant gemaak terwyl gevrees word dat die beheermaatreëls nie doeltreffend genoeg is om verdere verspreiding te voorkom nie.

 

Duitsland

Die Duitse veiligheidsdiens het 549 potensiële terroriste in Duitsland geïdentifiseer, en 100 000 euro uitgeloof vir iemand wat die terroris van die Berlyn-slagting se inhegtenisneming moontlik maak.

 

Turkye

Mevlut Mert Altintas (22) is die polisiebeampte wat Maandag die Russiese ambassadeur in Turkye doodgeskiet het in die land se hoofstad, Ankara, en sou op ’n stadium glo die lyfwag wees van die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan.

 

Sirië

Van die bykans 30 000 Siriërs wat uit Aleppo stad padgegee het, is minstens 4 000 Siriese rebelle wat volgens ooreenkoms met die owerheid, die stad kon verlaat.