Vuurwerk ontploffing dood talle

z-88Minstens 30 mense is gedood in ontploffings van vuurwerke by die mees bekende vuurwerk mark in Mexiko stad.

’n Massa rook het die lug ingetrek wat gevolg het kort nadat die ontploffings begin het, en kon kilometers ver gesien word.

Die ontploffing was so hewig dat dit die hele gebou Woensdag in puin gelaat het, word beskou as die ergste wat die stad nog ooit gehad het.

Die ontploffing kon meer as 30 kilometer ver gehoor word, en reddingswerkers kon weinig uitrig om iets te red aangesien die gebou ’n gebrek aan voldoende veiligheidstoerusting gehad het.

’n Woordvoerder van die Nasionale Burgerlike Beskermings Koördineerders, het gesê die ontploffing het nie net die dood van mense veroorsaak nie, maar ook meer as 75 mense is beseer wat in hospitale opgeneem moes word.

Hy se die ontploffing was so hewig dat verskeie woonhuise en ander geboue in ’n straal van 5 kilometer, ook beskadig is.