Vuil wasgoed word uitgehang

Die skorsing van Bea Hackula, vorige superintendent-generaal van ko-operatiewe regering en tradisionele sake, deur  premier Phumulo Masualle van die Oos-Kaap, bring nou allerhande ander bewerings na vore.

Hackula vra hoekom die premier nog nie die beampte aangekla het wat R 250 000 in sy (Masualle) se persoonlike rekening inbetaal ten tye van Nelson Mandela se begrafnis.

Die Bisho seks-vir-werk en nepotisme skandaal is ook nog nie afgehandel nie, aldus Hackula.

Dit blyk dat die premier dus ook sekere geraamtes in die kas het, wat nou oopgeruk word toe hy iemand geskors het en dié uit wraak begin praat het.

Foto: Oos-Kaapse premier, Phumulo Masualle – self ‘n kas vol geraamtes?phumulo-masualle