VSA vlug uit Sirië

z-97Die Verenigde State het sy militêre operasies in Sirië gestaak en onttrek uit die land nadat hulle die onderspit gedelf het teen die Russe.

Die VSA weermag het vir meer as ses jaar hulle steun gegee aan die Siriese rebelle wat gepoog het om die diktator, president Assad, se regime omver te gooi.

Rusland het egter met ’n massiewe aanslag begin teen die rebelle en die Islamitiese Staat en aangevoer dat beide groepe gewelddadig optree teen ’n wettig verkose regering, en daarom as terroriste gesien moet word.

In die afgelope weke het Siriese soldate, gerugsteun deur Russiese lugaanvalle, die laaste groot vesting van die rebelle in Aleppo stad vernietig.

Dit het daartoe gelei dat Amerika besef het dat die rebelle geen kans het om die regering omver te gooi nie, en het besluit om te onttrek uit die land.

Politieke ontleders sê die uittog is ’n vernederende nederlaag vir die Amerika nadat hulle ses jaar lank ondersteuning gegee het aan die rebelle om Assad se regime oor te neem deur gewelddadige optrede.

Die Russe het egter binne twee jaar die sterkste vestings van die Islamitiese Staat, asook die van die Siriese rebelle platgevee met verwoestende lugaanvalle.

Amerikaanse woordvoerders het hulle nederlaag probeer verberg deur te kenne te gee dat hulle taak volvoer is om die Islamitiese Staat te verslaan in Sirië.