VSA polisie kos stad miljoene

z-627Die stad New Orleans het nie net verskonings aangebied nie, maar ook geld beskikbaar gestel vir eisers weens die onaanvaarbare gedrag en optrede van polisiebeamptes tydens die orkaan Karina se verwoesting.

Die orkaan het ’n spoor van verwoesting gelaat toe dit in 2005 die stad getref het, en polisiebeamptes selfs geskiet het op inwoners van die stad.

Die polisie is verantwoordelik gehou vir die dood van ’n gestremde asook ’n jongman van 17 jaar toe daar op hulle geskiet is, terwyl vier ander mense skietwonde opgedoen het.

Die stadsvaders het eise van minstens 17 mense ontvang waarna ooreenkomste getref is wat beteken dat die stad 13,3 miljoen dollar moet opdok.

Die eise moes nagekom word nadat ’n hof in April bevind het dat vyf polisiebeamptes hulle skuldig gemaak het aan onaanvaarbare gedrag en optrede.

Die eisers is almal swart inwoners van New Orleans wat aangevoer het dat hulle mense doodgeskiet of gewond is terwyl hulle ongewapen was.

In twee ander afsonderlike voorvalle is een man voor die koms van die orkaan, deur die polisie doodgeskiet, en drie dae na die orkaan is ’n ander man geskiet deur die polisie.