Volkswagen bereik ooreenkoms met VSA

z-528Volkswagen het ’n nuwe skikking bereik met die Amerikaners oor die sogenaamde “dieselskandaal” waarby die vervaardiger betrokke was.

Die Duitse vervaardiger sal ingevolge die nuwe skikking ’n dieselvoertuig eienaar se motor terugkoop of hom vergoed vir die “skade” wat deur die foutiewe rekenaar sagteware veroorsaak is.

Sowat 80 000 eienaars van Volkswagen Touareg, die Porsche Cayenne en van die Audi Q5 kwalifiseer vir die aanbod.

Die voertuie kan ook voorsien word van ’n opgedateerde werk van die sagteware, maar eienaars kan ook instem op ’n terugverkoop stelsel.

Volkswagen het reeds met sy ander dieselmotors ’n ooreenkoms bereik wat hom miljarde dollar uit die sak gejaag het, terwyl daar intussen deur ’n Duitse instansie vasgestel is dat alle ander dieselmotors se sagteware foutiewe inligting vastrek.