Vlaams Belang sien mooi toekoms

z-529In ’n tyd van terugkyk oor die afgelope jaar, dan toon daar ondanks vele struikelblokke binne die party, ’n mooi en belowende toekoms.

Dit was die openingsrede van die voorsitter van die regse Vlaams Belang, Tom Van Grieken nadat peilings toon dat die party ’n aansienlike groei in steun gekry het.

Hy het ook verwys na die golf van regse groei wat oor Europa spoel en gesê Vlaams Belang geniet ook die voordeel van die gety.

Die voorsitter het daarop gewys dat die peilings toon dat Vlaams Belang se steun verdubbel het, en bygevoeg dat die party sien hoedat die ledetal styg.

Die vlaag van nasionalisme wat tans oor Europa vloei nadat Donald Trump die Amerikaanse presidentsverkiesing gewen het, is tans ’n groot bron van kommer vir links-liberale regeerders in Europa.

Frankryk is die eerste Europese land wat ’n presidentsverkiesing hou in April volgende jaar, en die moontlikheid dat Marine Le Pen se Front Nasionaal kan wen, en sy Frankryk se president word, is nie uitgesluit nie.  Nederland gaan ook vroeg in die jaar stembus toe, en daar het die Partij voor Vrijheid van Geert Wilders tans die voortou geneem, volgens meningsopnames.

Daarna volg Duitsland en moet die verdeelde koalisiepartye van die Merkel-regering ’n stryd voer teen die regse Alternatief vir Duitsland.

Foto – Tom Van Grieken