Vir die oujaarsbraai

Iets anders vir ons stukkie buitegebraaide vleis op oujaarsaand. 2 Resepte volg wat sommer maklik is en genoeg vir 4 tot 6 mense.

soetsuur-sousSoetsuur sous:

Bestanddele:

1 Eetl olie

250 ml pynappel in blokkies gesny

1 klein rooi soetrissie in blokkies gesny

3 eetl witwynasyn

2 eetl fyn gemmer

1½ eetl bruinsuiker

½ eetl tamatiesous

5 ml sojasous

½ tl sout

2 eetl mielieblom aangemaak in ½ kop water

1½ kop water (ekstra)

1 eetl salotuie (spring onions) gesnipper

koljanderblare en pietersielie vir garnering

 

Metode:

Verhit olie en soteer die pynappelblokkies daarin tot gekarimaliseer.

Voeg die gekapte soetrissie by en roer deur.

Meng die res van die bestanddele en  roer  by die pynappelmengsel en prut oor lae hitte vir ongeveer 5 minute en roer aanhoudend.

Verwyder van stoof en strooi die salotuie, koljanderblare en pietersielie oor die sous.

Bedien op vleis.

 

Romerige pepersous:

Bestanddele:

1 blikkie Idealmelk

1 eetl mielieblom, gemeng met ½ kop van die Idealmelk.

2 eetl grofgemaalde swartpeper

Knippie sout

 

Metode:

Verhit die Idealmelk.

Sodra dit begin borrel roer die aangemaakte mielieblom by en roer met draadklitser sodat dit nie klonte maak nie.

Prut vir ongeveer 2 minute terwyl aanhoudend roer.

Voeg die gemaalde swartpeper en sout by.

Bedien op vleis.

 

Voorspoedige 2017 aan almal wat van kook hou!!!