Van president na burgemeester

Nkandla1Die huidige ANC-staatshoof, Jacob Zuma, beplan om na sy uittrede as president as burgemeester van Nkandla sy loopbaan voort te sit.

Zuma het dit gesê  tydens die begrafnis van Riot Mkhawanazi, en bygevoeg dat dit sy aspirasie is om burgemeester te word.

Dit sal hom egter nie help om uit die tronk te bly, sou die NVG wel voortgaan met vervolging op die lank hangende klagtes teen hom. Die president van die land het vrywaring van vervolging, maar nie eens ‘n minister kan daarop aanspraak maak nie, soos blyk in die geval van Pravin Gordhan.

Die burgemeestersamp sal hoogstens kan bydra om Zuma se beursie vol genoeg te hou om sy Nkandla-paleis en uitgebreide huishouding aan die gang tehou, want sommige burgemeesters in die land verdien meer as die staatshoof.

Foto: die nuwe burgemeesterswoning van Nkandla…?