Talle tronk toe vir dronkbestuur

dronkbestuurDit wil voorkom of veral die voormalige PWV-gebied se mense hulle feestyd deeglik geniet.

Volgens die verkeersowerhede is in die Gauteng-gebied sover reeds 1 639 motoriste vasgetrek vir bestuur onder die invloed van alkohol.

In die hele land is reeds 3 078 motoriste gearresteer vir verskeie misdrywe, waaronder dronkbestuur, roekeloos en nalatige bestuur, vals dokumente en hoë snelhede.

Ook is 1 426 mense beboet wat oor hulle loopfone gepraat het terwyl hulle bestuur het, en talle mense het waarskuwings gekry omdat hulle geen veiligheidsgordels gedra het nie.

Die polisie het sover landwyd reeds 258 padblokkades gehou, en het gewaarsku dat hulle die res van die feestyd nog talle padblokkades gaan hou.