Swart rassisme met R450 000 beboet

john-harty‘n Voormalige vlieënier van SAL, John Harty, wat die slagoffer was van rassisme teen hom op sosiale media, het seëvierend uit die hooggeregshof gestap.

Die hof het R450 000 aan hom toegeken as skadevergoeding.

Die volg op oënskynlik vals beskuldigings van die vervoer-vakbond, Satawu, wat beweer het dat hy en ander wit vlieëniers sou saamspan om ‘n vliegtuig met ‘n swart vlieënier te laat neerstort.

Die vakbond Fedusa het die hofbeslissing verwelkom en SAL daarvan beskuldig dat hy onbetaamlik opgetree het om oor die kwessie te swyg en geen ondersteuning aan Harty te bied nie. Fedusa het die hoop uitgespreek dat die beslissing mense twee keer sal laat dink voordat hulle sommer iets op sosiale media versprei.

Waarskynlik was Harty die teiken van vergelding aangesien hy verlede jaar, as voorsitter van die vlieëniersvereniging van SAL, die voorsitter van SAL, Dudu Myeni, aangevat het oor sekere stellings wat sy gemaak het oor SAL se vlieëniers.