Suid Afrika is deel van Afrika

prince-mashelen ‘n insiggewende artikel word aangetoon dat Suid Afrika net nog ‘n Afrika staat is en nie die droom van ‘n reënboogland van melk en heuning nie.

Vir  Suid Afrikaners wat glo dat die land anders is as die res van die kontinent is daar ‘n baie negatiewe boodskap.

Wat verrassend is, is dat die politieke ontleder noem dat die mite wat bestaan het tydens Mandela en Mbeki se presidentskap dat die swartmense van Suid Afrika beter is as ander lande in Afrika, nou deur Zuma weerlê is. Afrikane sal Afrikane bly en dinge doen op die Afrika manier. Verantwoordbaarheid is ‘n westerse konsep en bestaan nie in Afrika denke nie.  Sodra daar konflik ontstaan tussen die heerser en die wette van die land, word die wet aangepas om die heerser te beskerm.

Suid Afrika sal nooit soos Duitsland lyk nie maar eerder soos ‘n Zimbabwe en die mense van Suid Afrika moet besef dat Suid Afrika nou sy eerste tree gee om ‘n ware Afrika land te word.  Waarskuwings oor die pad waarheen Suid Afrika op pad is, wat reeds deur behoudende politici in die sewentiger jare voorgehou is, word deur die ontleder nou as feite aangetoon.

Zuma se Afrika manier van regeer toon dat ons ‘n Afrika-republiek van Suid Afrika is en nie ’n land waar westerse waardes en norme geld nie.

Dit is die ontleding uit die pen van ‘n swart politieke ontleder en analis, Prince Mashele.