Suid Afrika het magsbehepte president

Zuma-5“Ek het niks verkeerd gedoen nie”.  “Ek skuld niemand ‘n verduideliking nie”.  “Ek sal nooit self bedank nie”.

Sedert die Konstitusionele Hof bevind het dat ANC staatshoof Jacob Zuma nie die land se konstitusie onderhou, respekteer en verdedig nie, het hy in ‘n trans van ontkenning gegaan of lei hy aan selektiewe geheueverlies, meen sekere politieke ontleders.

Die uitlatings hierbo is gemaak voor die ANC se jeugliga in Durban en dit kan dalk wees dat sy gehoor nie mooi verstaan wat in die land aangaan en hom dus glo.

Zuma begin nou in dieselfde asem genoem word as Robert Mugabe, Idi Amin en soveel Afrikaleiers wat magsdronk en geldbehep raak sodra hul ‘n gesagsposisie beklee.