Sonkrag goedkoopste energiebron

z-129In ’n wetenskaplike navorsingsprojek is gevind dat sonkrag die goedkoopste metode van elektrisiteit opwekking is en het selfs ’n geringe voorsprong op windkrag.

Met die toename in aanvraag na sonenergie toerusting, word die produksiekoste geleidelik minder, wat die stelsel nog beter maak as enige ander wyse van elektrisiteit opwekking.

Data wat deur Bloomberg New Energy Finance (BNEF) vrygestel is toon dat die koste van sonkragtoerusting in 58 lande die goedkoopste metode is om elektrisiteit op te wek.

Onder die lande is Sjina, Brasilië en Indië wat toenemend van sonkrag gebruik maak wat goedkoper is as ander bronne van opwekking.

Gedurende Augustus vanjaar het Chili daarin geslaag om die laagste moontlike tarief te bied van $29.10 per Megawatt-uur, wat net meer as die helfte goedkoper is as steenkoolsentrales se koste.

Elon Musk het intussen tot die mark toegetree en ontwerp ’n stelsel wat die gebou se dakteëls vervang, wat blykbaar baie gewild is in groot dele van Amerika.

Verskeie wetenskaplikes beweer dat die gebruik van sonenergie uiteindelik kan lei tot die uitskakeling van tradisionele kragsentrales, veral as daar meer navorsing gedoen word in die ontwikkeling van stelsels.