Skotte maak reg om EU lid te bly

z-327Die regering van Skotland is besig om planne te beraam vir voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie wanneer die Verenigde Koninkryk uittree uit die liggaam.

Die planne wat beraam word, is egter deur die Britse eerste minister, Theresa May, as onuitvoerbaar en onprakties bestempel.

Die eerste minister van Skotland, Nicola Sturgeon, het dokumente getiteld “Skotland se plek in Europa”, die afgelope week bekendgestel en gesê Edinburgh kan spesiale ooreenkomste aangaan met die Europese Unie.

Sy het aan verslaggewers gesê die referendum besluit (Brexit) is nie ’n maaksel van die Skotse kiesers nie.

Die Skotte se plan is onder meer die uiteindelike oordrag van Londen se mag na die Skotse hoofstad Edinburgh wat Skotland in die posisie plaas om self sy belange te bestuur binne die Europese Unie.

In die opgestelde dokument word verwys na die voorbeelde van Kanada en Australië wat albei ooreenkomste aangegaan het met die Europese Unie.

Skotland voer ’n moeisame stryd om uiteindelik sy volle onafhanklikheid te kry buite die verenigde Koninkryk, en die verwagting is dat die EU lidmaatskap ’n moontlike hefboom kan word om vryheid te bewerkstellig aangesien uittrede uit die EU sowat 80 000 mense direk sal raak wat moontlik werkloos kan raak wat vir die regering onaanvaarbaar is.

Foto – Eerste Minister Nicola Sturgeon