Siriese weermag veg voort in Aleppo

z-437Terwyl derduisende Siriese rebelle en hulle ondersteuners die stad Aleppo in die noorde van Sirië verlaat het nadat ’n ooreenkoms met die regering bereik is, het almal gehoop op die beëindiging van die konflik.

Die weermag van president Bashar al-Assad het egter, nadat hulle volledige beheer oor die stad verkry het, weer met lugaanvalle begin.

Die aanvalle wat uitgevoer word in die plattelandse gebiede van die provinsie, is daarop gemik om die geveg teen die rebelle voort te sit.

Die rebelle het die stad verlaat om die lugaanvalle te ontkom, en gevolglik uitgewyk na die plattelandse gebiede, maar die soldate is aggressief en met die ondersteuning deur lugaanvalle, word die rebelle verder verdryf.

Volgens menseregte organisasies het die laaste rebelle Saterdag die stad verlaat na ’n stryd van meer as vier jaar in die gebied.

Na raming het sowat 25 000 mense die stad verlaat en hulle gaan vestig in nabygeleë plattelandse gebiede.