Regter versoek dat Phiyega afgedank moet word

riah-piyegaRegter Neels Claassen, wat ‘n raad van ondersoek lei oor die Marikana “slagting”, het onder andere bevind dat die dood van die 34 myners nie sou plaasgevind het indien Riah Phiyega aandag gegee het  aan voorskrifte nie.

Hy beskryf die geskorste polisiekommissaris as ‘n roekelose bestuurder wat weinig begrip het van polisiëring.  Hy beveel dus aan dat Phiyega permanent verwyder moet word uit haar pos as polisiekommissaris.

Dit sal die derde kommissaris in ‘n ry wees wat afgedank word en is weer eens ‘n bewys van die onvermoë van die regering om bevoegde persone aan te stel in sleutelposisies.

Persone met weinig of geen  ondervinding  word aangestel in poste wat  bepaalde vaardighede en kundigheid vereis.