President van Suid Korea word afgesit

z-93Die Parlement in Suid-Korea het ’n mosie aanvaar waarvolgens die land se president, Park Geun-hye, uit haar amp ontslaan word.

Die president het vroeër erken dat sy betrokke is by ’n korrupsie skandaal waarby Samsung se hoofkantoor na bewering ook betrokke is.

Die inligting is vrygestel deur die Suid-Koreaanse persburo, wat sê die parlementslede van die Nasionale Vergadering het met 234 teen 56 teenstemme die afsetting bekragtig.

Die land se Grondwet bepaal dat ’n minimum van 200 stemme ten gunste van afsetting nodig is om die president uit die amp te onthef.

Die Suid Koreaanse Grondwethof moet nou die legitimiteit van die mosie ondersoek wat tot 180 dae kan neem om te finaliseer.

Vroeër het derduisende kiesers optogte gehou waartydens die president se afdanking geëis is, wat aanleiding gegee het tot haar erkenning dat sy wel by sodanige skandaal betrokke is, en het die land om verskoning gevra vir die vergryp.

President Park Geun-hye (64) is betrokke by ’n skandaal waarin sy ’n boesemvriendin se kind gehelp het om geld te bekom vir verdere studies.

Foto – President Park Geun-hye