Plakkers uit Hospitaal gesit

hofDie Mthatha Hooggeregshof het 100 onwettige plakkers beveel om ‘n verlate hospitaal in Mthatha binne 60 dae te ontruim.

Hospitaalpersoneel asook studente van die Walter Sisulu Universiteit het die kompleks betrek en van die sale omskep in wooneenhede.  Krag en water is op staatskoste verbruik en moet verhaal word van die plakkers. Die kompleks gaan volgens die departement van gesondheid omskep word in ‘n opleidingshospitaal vir dokters.

Daar is landwyd ‘n tekort aan hospitale.  Dikwels staan geboue egter leeg wat eens gedien het as hospitale maar  wat weens wanbestuur en gebrek aan toesig vanaf die kant van die departement gesluit word.