Plaasaanvalle verminder nie

Z-plaasVerskeie plaasaanvalle is die afgelope dae gerapporteer.

By McKay Estates naby Vereeniging is John en Lynne Swanepoel in die vroeë oggendure aangeval en erg aangerand.

Daar was nog twee ander persone teenwoordig en hulle is vasgebind en gedreig.

Die terroriste het gesoek na geld.

‘n Skootrekenaar, tv en ‘n wit Nissan bakkie is gesteel.

Buite Nelspruit, op die plaas Nelsrif, het 4 terroriste, waarvan twee met  9 mm pistole gewapen was, die boer aangeval.

Mnr. Theo Botha is met knopkierie aangeval en sodanig beseer dat hy deur familie na die hospitaal geneem is.

Tydens die aanval het die familie terug geveg en skote is geskiet. Uiteindelik het die terroriste gevlug sonder enige buit. Mnr. Botha se vrou en seuns is nie beseer nie.

Intussen is mnr. Botha weer tuis nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.