Plaasaanval in Wes-Kaap

malmesburyMnr D Hewett is deur agt mans aangeval op sy plaas Boesmansfontein in die Malmesbury. Hy het onmiddellik ‘n noodsein uitgestuur.

Een van die omgewing se bore, mnr. Christo Smit, was eerste op toneel en het die aanvallers agtervolg.  Hulle het gevlug in die rigting van Paarl.

By ‘n kruising net voor Wellington het mnr. Smit hulle ingehaal en gekonfronteer. Hy het ook ‘n aantal waarskuwingskote afgevuur en die aanvallers beveel om te stop.

Hulle het inderdaad gestop maar  mnr. Smit toe oorrompel en sy wapen afgeneem. Hy is daarop aangerand en met sy eie wapen gedreig.

Die SAPD van Wellington sowel as Paarl het op die toneel opgedaag en die aanvallers sowel as mnr Smit gearresteer.

Mnr. Smit is later vrygelaat en na die Medi Clinic op Paarl geneem.