OTM rowers gedood

otm-rowers‘n Spesiale taakmag het agt vermeende OTM rowers doodgeskiet in ‘n skietgeveg in Natal.

Volgens ‘n woordvoerder van die Valke het die polisie gereageer op ‘n wenk en die rowers voorgekeer, waarna daar ‘n skietgeveg ontstaan het.

Verskeie ploftoestelle is gekonfiskeer sowel as drie AK 47 gewere en ander vuurwapens. Agt van die nege vermeende rowers is gedood en ‘n negende lid verkeer tans in die hospitaal.

Sodanige optrede kan daartoe lei dat die publiek weer vertroue in die polisie kan kry, en kan daar net gehoop word dat plaasaanvallers met dieselfde mag en passie vervolg sal word.