Oos-Transvaal se rykste munisipaliteit sonder voertuie en belegging

Daar is op die sogenaamd platinum-ryke Tubatse munisipaliteit, wat Burgersfort insluit,thubatse-munisipaliteit se voertuie en  beleggingsrekening beslag gelê  deur ‘n kontrakteur wat werk verrig het en nie betaal is nie.

Die Pietersburgse Hooggeregshof het ‘n beslagleggingsbevel toegestaan aan Mphaphuli Consulting vir meer as R40 miljoen se uitstaande betalings.

Die munisipaliteit se verkeersafdelings  voertuie, trokke, grondverskuiwingsvoertuie en die burgemeester se voertuig is van die bates waarop beslag gelê is.

Die sogenaamde “ryk” munisipaliteit is een van die 10 swakste munisipaliteite in die land wat betref bestuur en beheer  aldus  die navorsingsgroep Good Governance Africa.