Onderwys die sleutel

nkosazana-dlamini-zumaVolgens Afrika Unie se voorsitter, Nkosazana Dlamini-Zuma, is onderwys die sleutel om ‘n “vaardigheidsrevolusie” in Afrika te weeg te bring.  Volgens haar  is Afrika ryk maar Afrikane is arm, die kontinent stagneer en 34 van die 48 armste lande in die wêreld is in Afrika.

Volgens haar beoog die Afrika Unie om teen 2063 die probleme aan te gespreek het.  Swangerskappe op skool gaan beperk word en voedselskemas by skole word uitgebrei, maar Afrika het tans die grootste jeugbevolking in die wêreld.

Sy stel verder voor daar “vrye beweging” van mense in die kontinent moet wees en dat ‘n e-paspoort aan alle Afrikane uitgereik moet word. Sy propageer vrede, sekuriteit en demokrasie in Afrika.

‘n Ontleder wys daarop dat dit duidelik is dat sy lank weg was uit Suid Afrika, want die onderwysstelsel se sleutel het weggeraak; korrupsie en bedrog vier hoogty, vanaf die hoogste posisie in die land tot op voetsool vlak; moorde teen 50 per dag; geweld, verkragting en aanrandings is ‘n daaglikse verskynsel.

Sou sy oorneem by haar vorige man Jacob Zuma sal 2063 haar nie genoeg tyd gee om haar “ideale” te bereik nie.  Inteendeel as dit so voortgaan is Afrika en Suid Afrika teen 2063 ‘n spook kontinent waar honger en geweld die bevolking uitgewis het.