Nuwe kletsblad ongesensor!

kletsbladKonserwatiewes het moeg geraak omdat hulle menings, wat nie altyd aan politiese korrektheid voldoen nie, dikwels van die bestaande kletsblaaie soos Twitter verbied word. Dit het gelei tot die stigting van Gab. Die blad se deelname groei vinnig en is op pad na 200 000 deelnemers.

Gab belowe algehele vryheid aan deelnemers en kry veral ondersteuning uit konserwatiewe kringe wat berigte wil plaas soos wat dit is, sonder om met “politieke korrektheid” gesensor te word.  Dit kry ook ondersteuning uit regse geledere.

Die enigste beperkende voorwaarde vir deelname op die blad is dat berigte nie geweld en terrorisme mag aanblaas nie. Daar word ʼn maksimum van 300 karakters per berig toegelaat.