Nog SABC ongerymdhede

sabcAanstellings by die SAUK is gedoen sonder dat die poste geadverteer is en sonder dat die aangesteldes die nodige kwalifikasies gehad het om hul pligte te verrig. Aankoop prosedures is ook nie gevolg nie.

Dit is van die bevindinge van die Ouditeur-generaal vroeër die jaar, en dit is ook hierdie verslag wat die SAUK raad nie oorhandig het aan die parlement se ad hoc komitee nie.

Ongerymdhede en buitengewone uitgawes het gelei tot vermorsing van duisende rande.

Intussen laat die regering die SAUK toe om ongehinderd voort te gaan, terwyl die parlementêre komitee wat die SAUK ondersoek, geen vordering maak nie.