Nog ‘n hoë geskors

Die  direkteur-generaal van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mdu Shabane is deur sy minister, Gugile Nkwinti, geskors.

Skynbaar hou sy skorsing nie verband met enige finansiële onreëlmatigheid nie, maar met, soos wat dit genoem word, “prosedurele tekortkominge oor sommige grondhervormingsprojekte van die departement”.

Die ANC-bewind en ander drukgroepe het al hulle frustrasie uitgespreek met die stadige pas van die grondhervormingsprogram. Bowendien het navorsing wat die Departement vir Beplanning, Monitering en Evaluering gedoen het, bevind die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se programme was heeltemal ontoereikend wat steun, opleiding en monitering betref, en daar word beweer dat die departement steeds grond teen “buitensporig hoë pryse” aankoop, ten spyte daarvan dat daar nou ‘n grondwaardeerder-generaal aangestel is.

Die laaste opmerking is ‘n bevestiging van die vermoede dat die hoofwaardeerder net daar is om grondpryse af te dwing sodat boere nie meer markverwante vergoeding vir hulle grond sal kry nie.

Foto: Die geskorste DG, Mdu Shabanemdu-shabane