Nagereg vir Kersete

koue-romerige-piesang-nageregDames, kom ons maak ‘n heerlike koue nagereg met piesangs vir al die smulpape. Piesangs is heeljaar volop en die bestanddele is maklik verkrygbaar indien nie in die yskas nie.

 

Bestanddele:

2 pakkies vanielje kitspoeding

250 ml melk

1 blik volroom kondensmelk

250 ml suur room

250 ml vars room

6 piesangs in skywe gesny

Vinger beskuitjies of “wafer” beskuitjies

 

Metode:

Voeg kitspoeding by die melk en meng tot opgelos en verkoel vir 15 minute.

Roer kondensmelk in tot glad.

Vou die suur room in en roer goed deur.

Klits vars room tot styf en roer die gesnyde piesangs by.

Meng nou die room met piesangs by die kitspoeding en roer goed deur.

Plaas koekies in ‘n laag op die bodem van ‘n tertbord of in aparte “trifle” glasies.

Skep die vulsel eweredig oor die laag koekies en krummel van die koekies oor.

Plaas in yskas tot gestol en yskoud en geniet met ekstra geklitste room en gesnyde piesangs bo-op.

 

Geniet hierdie heerlike koue nagereg saam met u Kersete