Korrupte verkeerspolisie vererger slagting op paaie

verkeerspolisie-2Volgens berigte is verkeersbeamptes ‘n groot bron van kommer vir die owerheid, aangesien bedrog en omkopery hoogty vier onder die personeel.

Die publiek bied beamptes geld aan om boetes vry te spring maar verkeersbeamptes maak hulle self skuldig deurdat hul omkoopgeld vra of eis by motoriste.

Voertuie wat onpadwaardig is, word toegelaat op paaie en is deels verantwoordelik vir die reeds 845 sterftes sedert 1 Desember. Voeg hierby die groot aantal bestuurders wat hul bestuurderslisensies “gekoop” het en nie geskik is om ‘n voertuig te bestuur nie en daar is ‘n slagting op die paaie.

Selfs minister Dipuo Peters is bekommerd oor die situasie. Haar vervoerdepartement is egter nie bekend as die eerlikste departement in die land nie.