Kaapse inkoopsentrums beroof

vangate-mallTwee winkelsentrums in die Kaap was die prooi van gewapende rowers.

Die een voorval was by die N1 City sentrum waar sekuriteitswagte by ‘n OTM oorval is,  en die ander by Vangate.

Die publiek word intussen gewaarsku om eerder groot sentrums te vermy gedurende die feestyd, aangesien hul lewens in gevaar kan wees tydens gewapende rooftogte.

Onopgeleide veiligheidswagte is ook verantwoordelik vir afvuur van vuurwapens sonder om omstanders se lewens in ag te neem.

Intussen het die Valke bekend gemaak dat ‘n aantal kontant depositohouers Sondag in Randburg by ‘n ENB tak geroof is