Kaap na Rio begin Maandag

kaap-na-rioAlhoewel die amptelike Kaap na Rio-seiljagvaart op 1 Januarie afskop, begin dit eintlik reeds op 26 Desember.

Maandag sal die stadiger bote vertrek en die vinniger seiljagte sal op Nuwejaarsdag die oop see aandurf.

Seiljagte van verskeie lande het vir die geleentheid ingeskryf. Die Suid-Afrikaanse inskrywing, Vulcan, is tans die gunsteling, en die Duitse inskrywing, Black Pearly, moet ook nie uit die oog verloor word nie aangesien dit ‘n besonder professionele bemanning aan boord het.