Johannesburg se stadsraad fouteer

Die stadsraad van Johannesburg is deur ‘n hofbevel verplig om veiligheidshekke weer terug te plaas nadat daar by Hurlingham Manor Noord van die hekke verwyder is sonder die nodige wetlike dokumentasie.

Die raad het ook R150 000 se regskostes betaal van die interdik wat teen hulle verkry is.

Inwoners is nou ontstoke dat daar sonder wettige papiere opgetree word, wat hulle belastingbetalersgeld verkwis.hurlingham-manor