Italiaanse regering red oudste bank

z-436Die Italiaanse regering het ’n noodroep goedgekeur om die oudste bank ter wêreld, die Monte dei Paschi di Siena te red van ondergang.

Die Italiaanse eerste minister, Paolo Gentiloni, het die inligting bekend gemaak nadat hy vergader het met die kabinet.

Volgens ’n dekreet wat uitgevaardig is, sal die bank so goed moontlik bestuur word om die Italiaanse volk se spaargeld sterk te maak en die bank weer uit te bou tot ’n gesonde finansiële instelling.

Die bank het verlede maand aangedui dat hy dringend gehelp moet word om 5 miljard euro kapitaal te bekom.

Monte dei Paschi di Siena word algemeen beskou as die oudste bank ter wêreld en funksioneer sedert 1472, maar die redding wat deur die regering gedoen word, is deur finansiële kenners beskryf as nasionalisering, wat die aard en wese van die instelling kan aantas.

Beide kamers van die Italiaanse parlement het ingestem om, indien nodig, 20 miljard euro beskikbaar te stel aan die bank.