Hittegolf vir Transvaal, Noord-Kaap en Vrystaat

hittegolfDie drie sentrale provinsies kan hul gereed maak vir hoë temperature wat tot Donderdag kan duur.

Noord-Kaap kan tot 40 grade verwag terwyl 36 grade voorspel word vir Transvaal en Vrystaat.

Die publiek word gemaan om voorsorg te tref, veral as hul die paaie gaan aandurf en ouers moet sorg dra dat kinders nie blootgestel word aan die hoë temperature nie.