Grys goedere in Johannesburg

klopjagDie Valke het in ‘n gesamentlike operasie met die SAP, Departement van Binnelandse sake, doeanebeamptes en die SAID beslag gelê op meer as R60 miljoen se vervalste goedere in Johannesburg se middestad.

Meer as 120 winkels is deursoek en klerasie, juwele en ander goedere is gekonfiskeer.

Sogenaamde grys artikels word in Sjina vervaardig en handelsmerke van bekende fabrikate word onwettig gebruik om die goedere se verkoopswaarde te verhoog.

Buitelanders is ook gearresteer wat sonder die nodige verblyfpermitte in die land is.

Dit blyk dat die burgemeester van Johannesburg reg was met sy stelling dat die middestad beheer word deur onwettige en misdadige immigrante en sindikate.