Groot brandskade in Durban

durban-brand‘n Brand aan ‘n kantoorgebou in die Durbanse middestad het groot skade veroorsaak.

Tans  word die skade op sowat R35 miljoen geraam

Die brand het skynbaar op die 25ste verdieping van die gebou uitgebreek en die brandweer moes langer as drie ure spook om dit onder beheer te kry.

Niemand is beseer nie en die oorsaak van die brand word nog ondersoek.