Gaan Dudu nou slaap?

Dudu Myeni, die omstrede hoof van SAL en hoof van die Zuma stigting, se vlerkies is ietwat geskroei nadat die Hooggeregshof van Natal die Minister van Waterwese en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, beveel het om die raad van Mhlathuze (Richardsbaai) Waterwese af te dank.  Myeni is ook hier die hoof.

Dit volg nadat die geskorste hoofuitvoerende beampte van die raad, Sibusiso Makhanya, se aansoek toegestaan is waarin hy Myeni beskuldig dat sy die raad gekaap het.

Dit blyk asof die beskermling van Zuma ysters in baie vure het, selfs by rioolsake, maar dat sy nêrens uitblink as gevolg van haar suksesse nie.

Makhanyane se skorsing is ook tersyde gestel.

Foto: Dudu Myeni en haar beskermer, Jacob Zumadudu-myeni-en-zuma