Europa se terroriste

z-228Terwyl die wêreldleiers hulle meegevoel betuig met die jongste terroriste aanval wat 12 mense se lewens geëis en 48 ernstig beseer het, is daar ook diegene wat die Duitse kanselier direk verantwoordelik hou vir die tragedie.

Dit is bekend dat die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, die onwettige immigrante uitgenooi het om in Duitsland te bly, en het meer as een miljoen van die immigrante toegelaat gedurende 2015.

Nou sit Europa met iets wat drie jaar gelede ondenkbaar was – terroriste afkomstig uit die Midde Ooste en uit Afrika.

Benewens die feit dat Europese lande meer polisie moes aanstel om hulle burgers te probeer beveilig, het die burgery begin onveilig voel in hulle eie land, en dit het toerisme skerp laat afneem.

Verskeie politieke leiers soos Francois Hollandè van Frankryk en Angela Merkel van Duitsland se aansien het so gedaal dat Hollandè nie eers kans sien om weer ’n verkiesing te veg nie.

Kiesers is verward oor Moslems wat sekere regte opeis, polisie is onseker oor hoe en wanneer teen die immigrante opgetree moet word, landswette moet verander word om die immigrante te akkommodeer en te integreer.

Onderwysers en kinders is onseker oor hoe met die vreemdeling omgegaan moet word, want elkeen word beskou as ’n potensiële terroris.

Dit is maar enkele voorbeelde van die prys wat Europa betaal om die terroriste te huisves wat met ’n “oop deur” beleid oor Europa gespoel het.

Dit is geen wonder dat die leier van die Christen Sosiale Unie in Bavaria moes keel skoonmaak teenoor die Bondskanselier nie.

Immigrante kan die hoofrede word waarom Marine Le Pen in Frankryk kan wen, en dit kan selfs beteken dat die Alternatief vir Duitsland ook sorg dat Merkel uit die kussings gelig word.

Waar gaan dit eindig? Dit sal eindig die dag wanneer Europa besluit om al die vreemdelinge in sy gebied, terug te stuur na waar hulle vandaan gekom het.

Foto – Dr. Petry (AFD) en Adv. Le Pen (FN)