ENB sluitkaste in Soweto gevind

fnbTydens ‘n rooftog twee weke gelede by Eerste Nasionale bank (ENB) se tak in Randburg, is 360 sluitkaste met mense se persoonlike besittings, geroof.

Nou is sowat 260 van die sluitkaste teruggevind op ‘n oop veld langs die FNB-stadion in Soweto, wat dus nie veel twyfel laat oor wie vir die rooftog verantwoordelik was nie.

Mense wat gedink het hulle waardevolle besittings is veilig as dit by ‘n bank toegesluit word, is erg ontnugter. Dit blyk nou dat al die waardevolle artikels uit die sluitkaste wat teruggevind is, verwyder is. Dit sluit juwele en Krugerrande in. Al waarin die rowers nie belang gestel het nie, is dokumente. Dit is steeds in die sluitkaste wat gevind is.

Die Valke ondersoek nog die saak verder en niemand is sover aangekeer in verband met die diefstal nie.