Drie dood in tronkonluste

tronkOnluste in die St Albans gevangenis in Port Elizabeth het gelei tot die dood van drie gevangenes terwyl nog 26 mense, waaronder vyf bewaarders, beseer is. Tien is ernstig beseer en twee is in ‘n bedenklike toestand.

Die polisie ondersoek nog die redes vir die onluste.

Totdat die ondersoek afgehandel is en die situasie ontlont is, sal geen besoeke by die gevangenis toegelaat word nie.

Intussen beweer die Suid-Afrikaanse Gevangenesorganisasie vir Menseregte, SAPHOR, dat korrupte amptenare die geweld in tronke aanblaas, en die geweld kon verhoed gewees het as bewaarders voorkomend opgetree het.