Deutsche Bank bereik skikking in VSA

z-230Deutsche Bank het uiteindelik ’n krisis afgeweer en ’n ooreenkoms bereik met die Amerikaanse regering rakende ’n finansiële misverstand van vroeër.

Die Duitse bankiers sal $3,1 miljard aan boete plus ’n skuldlas van $4,1 miljard betaal om die verryking van die bank teen te werk wat uit kliënte gekry is.

Aanvanklik het die Amerikaanse owerheid ’n boete van 14 miljard dollar gehef teen Deutsche Bank.

Die Bank het die afgelope jaar ernstige finansiële krisisse ondervind, en die onregmatige optrede in Amerika het die bank op rand van die afgrond gebring.

Vermoënde Duitse nyweraars en sakemanne het etlike maande tevore vergader en onderneem om die bank, wanneer dit nodig sou word, van ondergang te red deur aandele te koop om die bank se kapitaal te versterk.