Cyril se “Kersboodskap” net partypropaganda

cyril-ramaphosa-ancDie regering se Kersboodskap was ‘n polities-maatskaplike propagandastuk, en het niks met Kersfees of die herdenking van Christus te doen gehad nie.

Dit is die mening van ‘n politieke ontleders nadat die adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, namens die regering ‘n “Kersboodskap” gelewer het.

Die boodskap het gegaan oor:

  • Die padsterftes en die versoek dat die padreëls gehoorsaam moet word;
  • Die 20ste herdenking van die Grondwet as die herdenking van Nelson Mandela se dood drie jaar gelede, wat albei in Desember plaasvind;
  • ‘n Gespog oor prestasies van die regering soos die beleggings wat vanjaar gemaak is in vervoer, energie, telekommunikasie en waterinfrastruktuur, wat die land skielik ‘n aantrekliker beleggingsbestemming sou maak;
  • Die onderhandelings oor die instelling van ’n nasionale minimumloon van R20 per uur;
  • ‘n Oproep aan die jongmense om kondome te gebruik.