Brahmaan behaal rekordprys

z-628‘n Rekordprys van R800 000 is betaal vir ’n Brahmaanbul wat deur Llewellyn  Labuschagne verkoop is tydens Labuschagne se jaarlikse produksieveiling.

Die spogdier is aangekoop deur mnr. Paul Duarte van Pretoria, wat met die kooptransaksie die vorige rekordprys van R575 000 oortref.

Die veiling wat op Warmbad gehou is, is gekenmerk deur die hoë pryse wat behaal is, en landbouers meen dit is ’n teken van groter vertroue in die bedryf nadat die droogte ietwat verlig is met goeie reën in Noord-Transvaal.

Die verkopers is van Letsitele, wat glo trots is op die spogdier wat ’n uitstekende prys behaal het, veral nadat die streek gebuk gegaan het onder ’n lang en swaar droogtetyd.

Mnr. Christiaan Botha van Swartwater het ’n vroulike Brahmaan van die hand gesit vir R100 000.

Tydens die veiling is 13 bulle teen ’n gemiddelde prys van meer as R142 000 elk van eienaar verwissel en 20 vroulike diere teen ’n gemiddelde prys van sowat R60 000 elk.