Blitsbokke val vas

blitsbokkeSuid-Afrika se sewes-rugbyspan het op die laaste verloor, net toe dit lyk of hulle beter doen as die nasionale Springbokspan.

Hulle het 17 -19 teen Engeland verloor in die eindstryd van die Kaapstadse sewes-toernooi.

Die Blitsbokke het die eindstryd gehaal met ‘n 33-0-kwarteindstryd-oorwinning oor Wallis en ‘n 14-7-halfeindstryd-oorwinning oor Nieu-Seeland.